Ek het 2 dae toegelaat om die Grossglokner te ry vir in geval slegte weer 'n probleem sou wees. Die eerste dag was perfek, net so dag twee.
Die Krimler waterval is die hoogste in Europa en regtig in 'n pragtige omgewing. Geen wonder dit is 'n baie gewilde plek onder toeriste nie.
Dit is so 70 km vanaf Zell am See al langs die rivier in die vallei op.
Hier is die verrassing. Al die pad tot daar is 'n geteerde fietspad. Dit loop langs die rivier en dan word jy elke keer eers deur die dorpies aan die hange van die vallei herlei. Hulle noem dit die tourradweg en dit word duidelik aangewys en baie goed gebruik. Deur langafstand fietsreisigers, deur gesinne wat 'n entjie gaan ry, en deur fietsryers wat oefen.
Moet sê my bene het nie heeltemaal gereken op 'n vinnige 140 km nie maar die rit was die moeite werd. Nie net die mooi waterval nie, maar ook die mooi plattelandse dorpies nooit meer as 10 km uit mekaar nie.
Gisteraand gesien hoe die Oostenrykers op Woensdagaande almal in die dorpskern kuier. Heerlik gesellig en almal is daar. Ek het selfs die plaaslike priester ontmoet. Hier is meeste mense Katoliek en meeste gaan ook nooit kerk toe nie. Het omie ontmoet, Hartmut se swaer, wat in gastehuis agter Helderberg kerk tuisgegaan het. Hy het met groot oorgawe verduidelik hoe hy gesien het hoe die mense Sondag kerk toe stroom. Die priester was meer jaloers oor ek mag trou as oor die mense.
Daarmee is die fietsavontuur afgesluit. Rinus stuur groete uit die suide van Italië en ek en fietsie (Wetter) is met die trein op pad na München. Daar moet ek 'n boks vir hom kry en op vliegtuig kom.
Dankie dat ek jou kon verveel met my stories.
Laaste woord - jammer vir al die taal-, tik-, en spelfoute wat jy moes verduur. Al verskoning is 'n dik vinger op klein touch screen van foon en dikwels ook 'n moeë kop en laataand pogings.
Go ride a bike (as die son skyn)
Sela
Dankie dat ons kon "saamry" via die blog. Veilige terugrit na SA en groetnis hier vanuit Kanada.
ReplyDeleteLouis
Was heerlik om jou storie te volg.
ReplyDeleteBaie lekker om te lees Danie. Wat 'n belewenis. Ek is goed jaloers om maat, vir meer as een rede. Sal jou binnekort kontak vir 'n bier. Jacobus.
ReplyDelete