Goeie nuus. Rinus hoef toe nie vandag weer alleen die berge te pak nie. Uiteindelik was ons 'n span van twee. Dit was ook 'n dag van betekenis. Eers omdat ons so baie geklim het. Van die wegspring net een pad en dit is boontoe. Gelukkig was die uitsigte asemrowend. Aan die een kant die groen Alpe hange met dorpies wat teen die hange vasklou. Aan die anderkant die Dolomiete. Dit is grys harde berge met sneeu kolle nog oral sigbaar.
Die dag was ook meer opwindend gemaak deur Danie se agterste derailleur - die dingetjie wat die ratte laat skuif - wat agtergekom het hy is nie harder as die klippe van die Dolomiete nie. Dit het beteken hy kon afdraendes vinnig ry en opdraendes gly die ratte net. Plan een, om afdraendes vinnig te ry het nie so goed gewerk nie. 'n Vinnige val het 'n stokkie daarvoor gesteek.
Enter Peter 'n vriendelike Duitse mederyer, ja daar is sulkes. Hy help en die derailleur word gelap. Al probleem dit neem bietjie tyd wat ons laat wonder of ons die afsnypunt betyds sou haal. Ons moes bietjie druk maar gelukkig kon ons dit veilig maak.
Die res van die dag was nog van daardie opdraendes en gelukkig ook weer al die pad af.
Specialized se manne het fiets weer reg gekry en more takel ons weer die pad.
Laaste woord oor vandag. 57 kilometer klink kort vir 'n skof. Maar sit 3000meter se klim daarby dan weet jy hier kom moeilikheid. So leer mens hier in die Alpe.
Tuesday, July 16, 2013
Span van twee
Labels:
Transalp
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment