Saturday, July 13, 2013

Ons gaan nie meer wen nie

Dis nou amptelik -ons gaan nie meer wen nie. Nie net omdat ons nie goed genoeg is nie. Maar ook omdat een helfte van ons nooit die 1e skof begin het nie.
Stuff happens en vanoggend het dit gekom in die vorm van 'n neut iewers in die post toasties. Ongelukkig in my bord en ongelukkig is ek erg allergies vir neute. Het phenergan gespuit, ry nie verniet vir dr Rinus saam nie, en toe die 3 km na die wegspring rustig en nog vol moed gery. Daar aangekom het ons besef ek het adrenalien ook nodig. Gelukkig is daar medici aan diens. Ek kon vir hulle 'n vinnige lessie in die praktyk van anafilaktiese skok beteken. Uiteinde is, Rinus ry die eerste dag soos 'n yster en ek ry vir die tweede keer in nie te lank nie ambulans met my fietspakkie aan.
Ek spandeer die dag en aand in die Klinikum in Garmisch-Partenkirchen. Dis 'n groterige privaat Duitse hospitaal. Deur die venster sien ek die groot skijump en bobsled baan waar die Olimpiese Winterspele hier gehou is. Hier is ook goeie internet daarom tik ek so lekker met een  vinger op die foon.
Rinus is vandag en more 'n spankaptein sonder 'n troep. Transalp se mediese span het besluit ek mag eers Maandag  begin ry. Ek verstaan dat hulle nie risikos wil neem nie en aanvaar dit so. In die Epic sou ek totaal uit wees.
Hier in die hospitaal deel ek die kamer met oa 'n Duitse man wat chemo kry en siek en moedeloos is. Ons probeer gesels. Dalk moes ons paadjies kruis.
Mooi loop en trap

2 comments:

  1. Ai Danie, dat dit jou nou daar in die vreemde moet oorkom. Sterkte en geniet môre, wanneer jy nou ook kan deelneem :-) Mooi trap, Ansoné

    ReplyDelete
  2. Danie met so 'n optimistiese uitkyk na dinge - gaan jy die Alpe kafdraf. Ek geniet jou skrywes - doe so voort. Corneille

    ReplyDelete