Die fietsry gemeenskap in Europa is nie verskriklik Engels nie. Dit is nou om dit sagkens te stel. Hulle is Duits en Frans en Italiaans en Hollands ens. Of dit is minstens die prentjie wat die Transalp by mens laat. Hier word Engels ook meestel uit selfverdediging gepraat. Dit is eintlik verfrissend anders vir ons wat nog met die British Empire se gevolge saamleef.
Ongelukkig beteken dit ook dat ons kommunikasie met ander ryers en veral die mense van die dorpies van die Duitse en Italiaanse Alpe soms baie sukkel en soms baie snaaks kan wees.
Uit die 35 lande se fietsryers is daar ook Engelsprekendes maar heel gereeld as jy langs iemand ry en vriendelik wil gesels, word jy bloot net senuweeagtig geignoreer.
Gisteraand by die pasta party- aandete deur die dorp verskaf- wou ek vriendelik by die tannie verneem of daar nie nuts of peanuts in die lasagne is nie. Volgens haar is daar toe. Die tannie het peanuts en spinach met mekaar verwar. Na sy sulke regte Popye sterk arms gewys het, het ons mekaar gevind.
Laaste iets wat opval. As dit nie was vir ons twee SA Exxaro manne nie, was hier nie 'n enkele swart fietsryer nie. Meeste ander Europese sporte is lankal nie meer leliewit nie. Ons Exxaro manne is positiewe vriendelike jong manne en puik fietsryers. Ek dink net die berge is vir hulle, soos vir ons vrekhoog.
Tuesday, July 16, 2013
Inglish?
Labels:
Transalp
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dagsê Danie,
ReplyDeleteEk geniet jul blog - lekker jaloers.
'n Plaaslike fietsryvriend, Greg Andre Greg-Barrett, het so pas die Tour Divide voltooi (sy blog: http://gregridesthedivide.wordpress.com). Die rit behels 2700 myl al langs die Rockies af vanaf Kanada tot onder in Mexico. Daar is 'n fliek gemaak oor hierdie jaarlikse bergfietsren/rit getiteld "Ride the Divide" wat ons plaaslik op Netflix kan sien.
Jul volgende uitdaging?
Vergeet om my naam by te sit by die kommentaar - dis Louis hier vanuit Oakville.
Delete